{"product_id":"9780795803413","title":"Vlam van die sprokkelhout","description":"\u003cp\u003eMaré l’Abillionni het soos ŉ tak van die moederboom afgebreek. Ná ’n lang reis vanaf die Douro-vallei in Portugal tot Madagaskar beland sy op die slaweskip Meermin en spoel letterlik op die strand by Struisbaai uit. Sy is sprokkelhout.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eOpgebreek in stukke in ’n vreemde land waar almal oor haar kan uitsprake lewer. Besluite vir haar neem. Uitgelewer aan ’n vuur wat voel of dit haar verswelg. \u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMaré het ’n vuur met sprokkelhout aangesteek in die Strandveld deur haar afkeur teen slawehandelaars en haar missie dat alle kinders geregtig is om te kan lees en skryf. Hetta Uys land 258 jaar later op Agulhas. Ook gebreek soos sprokkelhout omdat haar bruidegom haar voor die kansel op Struisbaai gelos het, sy haar pos as joernalis verloor het en om haar ouma se Spookhuis op te ruim en te verkoop. Die twee vroue stook albei ’n vuur in die Strandveld. ’n Puik nagevorste, aangrypende historiese én kontemporêre roman deur ’n geliefde skrywer.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n\u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=Author+SD+Fourie\" class=\"contributor-link\"\u003eSD Fourie\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"SD Fourie","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47919935062179,"sku":"9780795803413","price":288.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780795803413.jpg?v=1784820618","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780795803413","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}