{"product_id":"9780795803437","title":"Brief op veertigduisend voet","description":"\u003cp\u003eSoos die verwysing na perspektief in sy digbundeltitel, Brief op veertigduisend voet, aandui, laat Dreyer die leser nuut en in verwondering na objekte en verskynsels kyk.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eLig, wat sig moontlik maak, word metafories ingespan vir die menslike belewening van die verbygaan van tyd. Verlatenheid, ooptes en ongekarteerde gebiede word metafore vir die onsekerheid en prekêre avontuur van die post-postmoderne mens.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie bundel sluit natuur- en bewaringsgedigte in, asook reisgedigte verweef met geskiedenis, wat die mens se interaksie met sy omgewing belig.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSpanning tussen die antieke en die moderne word geskep met die insluiting van gedigte oor tegnologiese en wetenskaplike innovasie, asook wetenskapsfiksie - reeds deur die titel gesuggereer. En menslike verhoudinge - deur die “brief” van die titel geaktiveer - word in roerende dog onsentimentele liefdesgedigte verbeeld.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBrief op veertigduisend voet is opwindend en verbeeldingryk, terwyl dit ook die beste aspekte van die poëtiese tradisie bevat.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Tom+Dreyer\" class=\"contributor-link\"\u003eTom Dreyer\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Tom Dreyer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47395120677027,"sku":"9780795803437","price":216.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780795803437_adef7c5e-cfde-4cdf-a83d-6f0adc05b68e.jpg?v=1776803487","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780795803437","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}