{"product_id":"9780796111289","title":"Spiesjagter","description":"\u003cp\u003eElandsdrift het al in die 1800’s aan die Cloetes behoort. Die oorspronklike opstal is deur die Engelse afgebrand en, nadat Oupa Cloete van Ceylon en Ouma uit die konsentrasiekamp teruggekeer het, moes hulle weer van voor af begin. Loek se pa en ma het in die 1950’s hier saam met die ou mense kom woon en die nuwe geslag Cloetetjies – Loek en sy broer – is ook hier onder die krakende sinkdak gebore. En nou sê die bankbestuurder: “Ons kan jou nie langer dra nie.” So ’n familieplaas is ’n groter verantwoordelikheid as wat mense besef. Loek lê lank in stilte na die donker plafon en staar. Loek Cloete se pogings om hom uit sy benarde posisie los te wikkel lei hom na Engeland waar hy ’n enigmatiese meisie en ’n suinige Engelsman ontmoet. Die gebeure loop onkeerbaar uit op ’n leeujag in Suid-Afrika, waarin ’n tuisgemaakte spies die hoofrol speel. Spiesjagter is ’n verhaal vol onverwagte kinkels en onvergeetlike karakters.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jurie+J.+Wessels\" class=\"contributor-link\"\u003eJurie J. Wessels\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jurie J. Wessels","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381440168099,"sku":"9780796111289","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796111289_382d9f5e-b2e7-47df-970d-bd81c0c83a66.jpg?v=1776498096","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780796111289","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}