{"product_id":"9780796125231","title":"Die Pad na Emosionele Herstel","description":"\u003cp\u003eBegin die heling van jou verwonde emosies, oorkom jou woede en vrees stap vir stap saam met iemand wat verstaan en God se genesingsplan vir jou verduidelik.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIs jy een van die hartgewondes? Sukkel jy soms om in die spieël te kyk want jy haat jouself? Gryp jy na kos, drank of pynpille in ’n poging om die ewige gat in jou hart te vul?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDalk is almal om jou bang vir jou, want een skewe woord en jy ontplof? Almal dink jy is sterk en hard, maar jy weet hoe stukkend jy binne is …\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJy ken die kwaad binne jou, maar ook die vrees. Die skuldgevoelens wat aan jou knaag. Die moedeloosheid. Die negatiewe gedagtes wat jou bloots ry in die nag as jy moet slaap.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie lewenslesse in hierdie boek sal jou weer hoop gee. Die moeilikste pad lei gewoonlik na die regte plek. Hierdie pad vereis dat jy eers die vlaktes wat besaai is met teleurstellings en hartseer oorsteek, maar bring jou by emosionele gesondheid.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJy kan weer gelukkig wees. En jy kán en jy gáán jouself en die wêreld weer in die oë kyk.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Lynette+Beer\" class=\"contributor-link\"\u003eLynette Beer\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Lynette Beer","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381732819107,"sku":"9780796125231","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796125231_5101bfd1-ddb7-4c32-9480-449ba1dd3f6f.jpg?v=1776498159","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780796125231","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}