{"product_id":"9780796128706","title":"My affair met sjokolade","description":"\u003cp\u003eOm jou droom te kan leef klink salig. Dis egter wat agter die skerms gebeur wat bepaal of jou voet sy holte kan vind. My affair met sjokolade is nie net ’n memoir nie, dit is die verhaal van ’n passievolle middeljarige vrou wat op ’n dag haar eentonige kantoorwerk bedank om ’n chocolatier te word. Sy neem die dapper en impulsiewe besluit om oorsee opleiding te ontvang, want dis beter as om langer met die gebrek aan eiewaarde en vertwyfeling saam te leef. Marita Lamprecht wou spesialiseer in die maak van pralines – maar dit vereis spesiale opleiding. Met groot moeite vind sy ’n mentor aan wie se hand sy haar droom kan bewaarheid en kontak die Belgiese ambassade vir opleidingsinstansies … maar word afgekeur weens haar ouderdom en omdat sy nie Frans kan praat nie. Sy vertel van die struikelblokke wat sy moes oorkom en oor die kompleksiteit van die medium; hoe sy moes inpas by ’n genadelose en temperamentele mentor in ’n omgewing waar perfeksionisme en presisie die botoon voer; hoe om in lae te kan proe en die kuns om ’n geurlabirint te skep.  Om ’n vierjaarkursus binne drie maande af te lê, het meer as passie gevra. Sy ervaar vele oppe en affe om in te skakel in ’n vreemde land met vreemde gewoontes en ’n dialek wat sy nie verstaan nie; ook hoe die aanvanklike stugheid van kollegas gaandeweg in hegte vriendskappe verander. Maar dan breek die dag aan dat sy beloon word met haar diploma as chocolatier. Die uiteindelike genoegdoening was elke sweetdruppel werd.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marita+Lamprecht\" class=\"contributor-link\"\u003eMarita Lamprecht\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marita Lamprecht","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381438431395,"sku":"9780796128706","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796128706_d6140176-6fe9-4061-bb21-3ac02bca6a9e.jpg?v=1776498163","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780796128706","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}