{"product_id":"9780796130754","title":"Verhale uit Volstruisville","description":"\u003cp\u003eHy het lankal opgehou om skryfwerk in kategorieë te plaas: dit is ’n essay, dit is ’n skets, dit is ’n … As jy dan moet, kan dié boek beskryf word as die kronieke van ’n beroepsoldaat wat nie vergeet waar hy vandaan kom nie, maar wat weier om in bitterheid te verval oor wat van die nuwe Suid-Afrika geword het, skryf Dana Snyman in die Voorwoord van Verhale uit Volstruisville. In baie vertellings lê die skrywer klem op die humor in situasies: die gesukkel om ’n oornagbare gastehuis te vind, die werkinge van ’n kampeerterrein aan die Weskus, die Olifantshoek-kerkkoor se moeite om noot te hou en die dag toe Lohatlha se rugbyspanne Mafikeng se reuse kafgedraf het. Dit is ook ’n joernaal van Stephan Henrico se gesinslewe en sy perspektiewe op die lewe. Hy is by uitstek ’n waarnemer – met die vaardigheid om sy ervarings in ’n lekkerleesteks te verpak.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Stephan+Henrico\" class=\"contributor-link\"\u003eStephan Henrico\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Stephan Henrico","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381438824611,"sku":"9780796130754","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796130754_77ce36f7-a48b-40bd-af17-56381e24434f.jpg?v=1776498171","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780796130754","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}