{"product_id":"9780796135407","title":"Phoebe: `n lewe saam met Jakes Gerwel","description":"\u003cp\u003eHierdie is nie 'n storie van rags to riches nie. Phoebe Abrahams se mense van Grassy Park in die Kaapse Vlakte het immers status en styl gehad. Sy was boonop sexy én slim. G'n wonder die skrander senior student van Kommadagga in die Oos-Kaap, Jakes Gerwel, het haar op die UWK-kampus raakgesien nie.\u003cbr\u003eSy het hom leer ken as Gert. Wat 'n lelike naam, het sy gedink. Ook nie juis waffers wat looks betref nie. Maar toe sy hom die eerste keer in 'n Filosofieklas met digterdosent Adam Small hoor praat, is haar voorbehoude oor sy naam en voorkoms eensklaps vergete.\u003cbr\u003eDie opgang wat Jakes-wat-Gert-was in die akademie en politiek gemaak het, was buitengewoon. Later, as visekanselier van die universiteit wat 'n tuiste vir linkses was, en as direkteurgeneraal in die kantoor van Nelson Mandela, het hy 'n enorme rol in ons politieke oorgang gespeel. As sy lewensmaat het Phoebe die wêreld gesien, en ontmoet. Sy was vir die rol uitgeknip.\u003cbr\u003eTien jaar ná Jakes se onverwagse dood vertel Phoebe met haar kenmerkende sin vir humor aan die gewilde skrywer Rachelle Greeff van hoogtepunte in hulle lewe saam.\u003cbr\u003eSy maak ook haar hart oop oor haar sielsallenige laagtepunte en oor die “donker derde party” wat in haar en Jakes se huwelik nesgeskop het: 'n ongeneeslike geestestoornis. Maar met die regte hulp, begrip van geliefdes en deursettingsvermoë was dit nie vir Phoebe 'n doodsvonnis nie, en was selfs 'n skreef lig meermale vir haar genoeg.\u003cbr\u003eNelson Mandela het met hulle eerste ontmoeting verklaar dat hy nou verstaan waarom Jakes Gerwel die wêreld wil verander. Phoebe is inspirerend, en lewer bewys van die veerkragtigheid van die menslike gees.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Rachelle+Greeff\" class=\"contributor-link\"\u003eRachelle Greeff\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Phoebe+Gerwel\" class=\"contributor-link\"\u003ePhoebe Gerwel\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Rachelle Greeff,Phoebe Gerwel","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47524234789027,"sku":"9780796135407","price":69.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796135407_02535066-a76d-4aef-be20-c7bc6d14cc65.jpg?v=1776498189","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780796135407","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}