{"product_id":"9780796136961","title":"Zani-Beer en Klein-Maggie se seevakansie","description":"\u003cp\u003eZani-beer en Klein-Maggie se seevakansie is die derde in die Zani-beer-kinderboekreeks, ná die gewilde Die wysheid van Zanibeer (2022) en Zani-beer en Klein-Maggie kuier in die wildtuin (2023). Dié keer kuier Zani, ’n wollerige troetelbeertjie, en Klein-Maggie, Boetie-Koen, Mamma-Maggie en Pappa-Dirk saam met hul familie in dié gesin se strandhuis. Tydens hul besoek aan die kus sien hulle die wonderlikste diere … robbe, dolfyne, pelikane en pikkewyne in die see, en pylsterte, haaie en seeskilpaaie in die akwarium. Hulle ry saam op Kaptein Kobus se boot, vang vis, maak die strand skoon, leer van vuurtorings en laat vlieërs vlieg. Zani is nie sommer ’n gewone speelgoedbeer nie; sy is Klein-Maggie se heel beste maatjie wat haar meer oor die wonder van oseane en van die natuurlewe onderwater leer.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Irene+Nel\" class=\"contributor-link\"\u003eIrene Nel\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Irene Nel","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381443739811,"sku":"9780796136961","price":270.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796136961_cfbb700d-d9cd-4255-8b9d-06dcca697933.jpg?v=1776498199","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780796136961","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}