{"product_id":"9780796179043","title":"Labirint van woorde","description":"\u003cp\u003eKaren se ryk oom het haar argitekstudies betaal. Dus het sy nie regtig 'n keuse gehad toe hy haar gevra het om 'n ou werkie vir hom te gaan doen nie. Almal weet boonop dat sy nog nie 'n betrekking êrens aanvaar het nie, wat haar sonder 'n rede los waarom sy die “ou werkie” nie kan gaan doen nie. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie plaas wat haar oom wil laat ontwikkel, is daar ver in die boendoes. Daar is glo nie krag of internet of selfs 'n landlyn nie. Boonop kondig haar kêrel die aand voor haar vertrek aan dat hy 'n pos in 'n ander stad aanvaar het en dat 'n langafstandverhouding die een ding is wat nie gaan werk nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eLiam is die ontwikkelaar saam met wie sy die wooneenhede moet beplan en bou. Die man kom aanvanklik nors voor en Karen is nie seker wat van haar verwag word nie. Hulle deel die ou plaashuis met die groot stoep met haar oom se dogter, wat hulle maaltye voorberei.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHulle drie is saans mekaar se geselskap en sonder krag raak dit moeilik om nie ná ete voor agtuur al bed toe te gaan nie. \u003cbr\u003eNog 'n probleem is dat sy nie in spoke glo nie, wat beteken dat sy die vrou met die swart gewaad wat snags daar rondloop, nie kan verklaar nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Johan+de+Nysschen\" class=\"contributor-link\"\u003eJohan de Nysschen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Johan de Nysschen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382093037731,"sku":"9780796179043","price":210.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796179043_01d747b0-8a19-4e38-8520-cba5d6de5cd9.jpg?v=1776498311","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780796179043","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}