{"product_id":"9780796316677","title":"Nie van hoorsê nie Here","description":"\u003cp\u003eWaar die dood gewoontlik vir ons iets is wat ons ten alle koste probeer vermy, word dit vir die skrywer 'n baie groot werklikheid wanneer hy deur sy dokter meegedeel word dat hy 'n siekte het wat sy lewe kan kos. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSkielik word al die klein dingetjies wat jy jou altyd oor bekommer baie klein. En met dit kom 'n hele lot vrae en vertwyfelinge. Waarom word ons siek? Is dit omdat ons sondaars is en God ons so wil straf? Is dit miskien makliker vir 'n gelowige as vir 'n ongelowige om met die dood gekonfronteer te word? Waarom gryp God nie in as ons om hulp smeek nie? \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAan die hand van die Bybelverhale van mense soos Job, Elia, Johannes en Jesus, asook ervarings met mense wat hy persoonlik ken, beredineer Frits sy lot. Hy kom dan tot die besef dat, hoewel hy ook wanhopig kan wees en hy maar mag huil, dit nie tevergeefs sal wees om groot dinge van God te verwag nie.    \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn hierdie boek vertel Frits hoe die nuus van sy siekte hom en sy naastes geraak het. Van sy worsteling om tot berusting te kom. Hy skryf ook oor die Christen se benadering tot die dood, en oor die nuwe insigte wat hierdie tyd hom in die Woord van God gegee het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie is 'n nuwe uitgawe (met 'n nawoord) van hierdie boek wat in 1975 verskyn het.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Frits+Gaum\" class=\"contributor-link\"\u003eFrits Gaum\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Frits Gaum","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375742763171,"sku":"9780796316677","price":150.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796316677_63cb535a-b1cd-4dfc-93bd-ad162365662c.jpg?v=1776499662","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780796316677","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}