{"product_id":"9780796316776","title":"Grens","description":"\u003cp\u003eIgnatius Smit sterf by geboorte op Woensdag, 3 Maart 1982 op Katima Mulilo in Namibië se Kaprivistrook. Omdat Ignatius se ouers die sendingpaar is, word hy begrawe op 'n afgeleë plek in 'n bos, naby die graf van magistraat Trollop wat aan koors in Barotsiland gesterf het. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSy ma sukkel om sy dood te verwerk, omdat sy as geestelike leier verantwoordelik voel vir die vertroosting van die dorpsmense, wat net so platgeslaan is deur sy onverwagte dood. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJare later haal sy onverwekte dood haar in. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie is háár, Leonette, se verhaal. Dis 'n verhaal van verlies en die verwerking daarvan, wat grootliks afspeel binne die militêre milieu - waarvan grenslewe 'n groot komponent is. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBaie jare later kry sy vertroosting deur berading en musiekterapie van 'n orrelsimfonie van Saint-Saëns. Dit gee vir haar 'n visualisering van Ignatius se lewe na die dood. Só kry sy volkome bevryding vir haar  pynlike smart. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eGrens sal veral spreek tot lesers wat bekend is met verlies en die proses van rou ná die dood.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Leonette+Smit\" class=\"contributor-link\"\u003eLeonette Smit\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Leonette Smit","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375746465955,"sku":"9780796316776","price":185.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796316776_c5bffcfa-bb14-4185-9a45-c1a4b524c3ac.jpg?v=1776499666","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780796316776","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}