{"product_id":"9780796317155","title":"Oorkom jou vrees","description":"\u003cp\u003eOorkom jou vrees is die vierde boek in Lux Verbi se nuwe Bybelstudiereeks, Ontdek God in die Bybel. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie nuwe boek fokus op die vele maniere waarop vrees die gelowige se lewe kan beïnvloed en hoe om hierdie verskillende vrese te oorkom. Benescke Janse van Rensburg behandel die vele fasette van vrees aan die hand van 'n inspirerende, ware storie uit iemand se lewe.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOorkom jou vrees is nie net 31 daaglikse oordenkings vir die individu nie, maar kan ook dien as 'n Bybelstudieboek vir groepe. Die skrywer verskaf  Bybelverwysings en besprekingsvrae by elke hoofstuk, wat verdere studie en bespreking moontlik maak, asook 'n gebed wat leiding kan gee aan die leser se eie gesprek met God.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie boek vorm deel van Benescke se passie om God se Woord en beloftes op 'n kreatiewe en relevante manier met ander te deel. Sy verseker haar lesers daarvan dat, ongeag wat die situasie is, jy vreesloos kan leef met die wete dat God steeds wonderwerke doen.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Benescke+Janse+van+Rensburg\" class=\"contributor-link\"\u003eBenescke Janse van Rensburg\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Benescke Janse van Rensburg","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375746498723,"sku":"9780796317155","price":135.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796317155_007f89b0-4df9-4566-a299-82a1a6cffe06.jpg?v=1776499674","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780796317155","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}