{"product_id":"9780796318299","title":"Die laaste sewe dae","description":"\u003cp\u003eDie laaste sewe dae volg Jesus se voetspore dag na dag deur die laaste week van sy lyding op aarde. Hierin vat Murray Janson die gegewens uit al vier die Evangelies chronologies saam om 'n aangrypende geheelbeeld te vorm van daardie dramatiese 'sewe dae sonder son'. \u003cbr\u003eDie leser volg Jesus vanaf sy intog in Jerusalem en sy laaste leringe, deur sy gevangeneming, sy vriende se verraad, sy marteling en wrede teregstelling - toe die son op die middaguur verduister het - tot met sy dood, begrafnis . . . en opstanding, wat verseker het dat die son vir ewig in die harte van gelowiges sou bly skyn. \u003cbr\u003eJanson gaan verder as om Jesus se fisieke lyding grafies uit te beeld. Hy wys hoedat die lig van verlossing en hoop dwarsdeur die donker van pyn en lyding bly skyn het.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Murray+Janson\" class=\"contributor-link\"\u003eMurray Janson\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Murray Janson","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584878362787,"sku":"9780796318299","price":150.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796318299_13e8baeb-c9ed-4711-a442-b1e331bf1f7f.jpg?v=1776499747","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780796318299","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}