{"product_id":"9780796318817","title":"Rewolusie van die hart","description":"\u003cp\u003eDie Egiptiese vrou Saleh Samir se fanatiese Moslem-familie hou haar man, Ashraf, gevange ná hul bekering tot die Christendom. Sy is swanger met hul eerstelingseun en die familie dreig om die baba by haar af te neem, maar sy ontsnap. Saleh is nog jonk in die geloof en dit word 'n reis van vertroue in haar nuwe Verlosser. \u003cbr\u003e \u003cbr\u003eIn dieselfde tyd is die Suid-Afrikaners Salomé Pretorius in 'n innerlike stryd gewikkel om vrede te maak met haar man, Petrus, se roeping om die vervolgde kerk in die Midde-Ooste en veral dan ook Egipte, te dien. Sy beroep veroorsaak dat Salomé dikwels op haar eie haar huishouding en beroep as musiekonderwyseres moet balanseer, terwyl sy haar man se roeping voortdurend moet verdedig. Gelukkig help haar vriend Dirk haar soms uit . . .\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eDeur 'n goddelike sameloop van omstandighede kruis Saleh se pad met dié van Petrus Pretorius. Teen die spannende agtergrond van die rewolusie in Egipte van 2011 raak hul wêrelde met mekaar verweef. \u003cbr\u003e \u003cbr\u003eDit is die verhaal van dramatiese hartsveranderinge terwyl die wêreld rondom die hoofkarakters, op sy kop gekeer word. \u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Adriana+Faling\" class=\"contributor-link\"\u003eAdriana Faling\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Adriana Faling","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375577317539,"sku":"9780796318817","price":185.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796318817_9d9e7f92-b171-40a6-9947-de7737419c50.jpg?v=1776499826","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780796318817","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}