{"product_id":"9780796321152","title":"In Mamelodi het ek my God gevind","description":"\u003cp\u003eIn hierdie boek vertel ek die verhaal van hoe dit genadiglik aan my en my vrou gegun is om as twee wit Afrikaners tot die ontvangkant van apartheid toe te tree. Hoe weinig het ons van dié ontvangkant geweet! Vir ons was die wêreld agter die apartheidsmuur, soos vir bykans alle Afrikaners, ŉ ander wêreld waar vreemde volke met wie ons geen bande gehad het nie, geleef het. Dit was ŉ wêreld wat vir hulle geskep is deur ŉ “Christelike” regering, en daarom sou dit uit die aard van die saak die “beste wêreld” wees wat deur die wit Christelike regering aan hulle toegewys is. Ons as wit Suid-Afrikaners het nie nodig gehad om ons enigsins oor die lot van ons gekleurde landgenote te bekommer nie. Ons het geglo ons wit regering weet wat die beste is vir hulle, en uiteindelik sou hulle ook die vrugte pluk van ŉ beleid wat vir hulle miskien eers tydelike ongerief veroorsaak het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVir die geleentheid wat my gegun is om diep betrokke te raak by die lotgevalle van swartes gedurende die laaste fase van die “onmenslike beleid”, soos oudpres. FW de Klerk dit later self voor ŉ uitgelese universiteitsgehoor in Brittanje genoem het, is ek diep dankbaar. Weinig van my wit landgenote het dié voorreg gehad. Dié pad was nie met rose besaai nie. Dit was ŉ eensame pad in die sin dat daar nie ander wit Suid-Afrikaners was wat dit saam met my geloop het nie. Ek moes maar so voel-voel my weg vind op die vir my totaal onbekende weë in die swart township.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTerugskouend het die lewe agter die apartheidsmuur van Suid-Afrika my lewe oneindig verryk en my naby aan die hartklop van Afrika gebring. Niks kan meer verrykend vir enige mens se lewe wees as om toe te tree tot die denke en lewenswyse van mense wat so anders is as jou eie nie. Dat die mense van Afrika my toegelaat het in hulle wêreld, sal my altyd met dankbaarheid teenoor hulle vervul.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Nico++Smith\" class=\"contributor-link\"\u003eNico  Smith\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Nico Smith","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376605184163,"sku":"9780796321152","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796321152_64125413-a98c-4ebc-9b39-0bab1e7c8970.jpg?v=1776500180","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780796321152","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}