{"product_id":"9780796321428","title":"Papierblomme","description":"\u003cp\u003eSoos papierblomme in die wind, so het haar lewe verwaai. Sal sy dit regkry om die flentertjies weer op te tel? Daar is net een uitweg…\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJanine was sewe jaar oud toe haar ouers dood is en sy die deur tussen haar en Jesus toegemaak het. Net sy het dit geweet, want sy was 'n soet kind, oupa Koen en ouma Leen se trots. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie seer in haar was haar eie en sy wou nie bejammer word nie, sy het haar skoolwerk gedoen en presteer, maats gekies wat haar grootouers goedgekeur het, maar wat saam met haar langs die rand van die afgrond geloop het. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSy wou groot wees en wegkom van die klein dorpie waar almal mekaar geken het en baie van die oumense, ook die wat sy bewonder het, met hul eie mislukkings geworstel het. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHaar kans het gekom toe Greg Walker die Engelsklas by mister Barlow-Jones oorneem. Met drome in haar oë en haar bruidsruiker in haar hande is sy Londen toe waar sy groter hartseer leer ken, maar ook die grootste ontdekking van haar lewe gemaak het.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Helena+Hugo\" class=\"contributor-link\"\u003eHelena Hugo\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Helena Hugo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377189339299,"sku":"9780796321428","price":179.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796321428_ac13a7b6-5bfa-478f-8c68-b8f103a171ca.jpg?v=1776500219","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780796321428","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}