{"product_id":"9780796322715","title":"Israel-reeks Omnibus 2","description":"\u003cp\u003eShomer Yisra'el\u003cbr\u003eTiferet Yisra'el\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eShomer Yisra'el\u003cbr\u003eDis die somer van 2006 in Jerusalem en die tweede Libanese oorlog breek uit.\u003cbr\u003eMarc, Rivkah en hul babaseuntjie word in die gewelddadige gebeure rondom hulle vasgevang. As die oorlog in intensiteit toeneem, word dit duidelik dat Marc, gevoelige kunstenaar ofte nie, beslis opgeroep sal word. Hul persoonlike krisis verdiep wanneer hulle besef dat Rivkah weer swanger is. En terwyl die oorlog rondom hulle woed, kom rabbi Chaim Cohen, Marc se skoonpa, voor die grootste uitdaging van sy lewe te staan:\u003cbr\u003eHoe gaan hy bekend maak dat Yeshua wel die Joodse Messias is, en wat gaan die gevolge van dié belydenis wees?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTiferet Yisra'el\u003cbr\u003eAan die drama van onderlinge menseverhoudinge ontbreek dit ook nie wanneer Marc weer opgeroep word, hierdie keer vir militêre diens in Gasa , sy ma 'n slagoffer word van Suid-Afrika se eie geweld - die misdaadprobleem, en Marc sy jeugliefde Nicola weer ontmoet.\u003cbr\u003eBoonop maak Henok Kabungu 'n verrassende ontdekkin wat hom in konflik bring met sy blanke vrou, en ou Zvi, 'n Holocaust-oorlewende, se skokkende herinneringe aan die Shoah laat die leser algaande besef waarom die Israeli's so verbete vasklou aan hulle 'beloofde land'.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marzanne+Leroux-Van+der+Boon\" class=\"contributor-link\"\u003eMarzanne Leroux-Van der Boon\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marzanne Leroux-Van der Boon","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47524290953379,"sku":"9780796322715","price":310.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796322715_e3f38075-a476-4f74-8df4-b711a980fb71.jpg?v=1776500403","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780796322715","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}