{"product_id":"9780796322951","title":"Kultusse in Suid-Afrika","description":"\u003cp\u003eHoe kry kultusleiers 'n houvas op rasionele mense? En hoe behou hulle dit, dikwels met hartverskeurende gevolge?\u003cbr\u003eHoe weet 'n mens die groep of kerk waaraan jy behoort, is nie dalk 'n kultus nie? Kan ek 'per ongeluk' in 'n kultus beland?\u003cbr\u003eWat kan ek doen as 'n geliefde in een vasgevang is?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJana Marx, bekende joernalis van Devilsdorp-faam beantwoord die vrae en meer in hierdie fassinerende blik op die binnewêreld van kultusse.\u003cbr\u003eSy het uitgebreide navorsing gedoen oor kultusse van antieke tye tot vandag, en in diepte met kundiges en gewese kultuslede gesels.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOnder die kultusse waarna sy kyk is Cecilia Steyn se Electus per Deus, die Israelvisie, die Suidlanders, KwaSizabantu, die Christ in Me Collective en die Jesus Dominion International-kerk in Suid-Afrika, sowel as van die mees opspraakwekkende internasionale kultusse. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKultusse word in verskillende onderafdelings ingedeel: moord- en gedagtebeheerkultusse, korporatiewe kultusse, sekskultusse en politieke kultusse. Jana bekyk bekende plaaslike en internasionale kultusse binne elkeen van hierdie afdelings. Sy verwys ook na die BITE-model van Dr Steve Hassen sodat gewone mense kan uitwerk of geliefdes in 'n kultus vasgekeer is. Daar is 'n hoofstuk met riglyne oor wat om te doen as jou geliefde in 'n kultus is.\u003cbr\u003eJy kan alles oor kultusse wat jy nog altyd wou geweet het in hierdie boek vind.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jana+Marx\" class=\"contributor-link\"\u003eJana Marx\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+ZZZ\" class=\"contributor-link\"\u003eZZZ\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jana Marx,ZZZ","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380978172067,"sku":"9780796322951","price":89.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796322951_e91197e7-12f2-428d-add3-0d09cbc37d01.jpg?v=1776500446","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780796322951","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}