{"product_id":"9780796323507","title":"Boytjie","description":"\u003cp\u003eJohnny Davids se ma het hom by sy dowe ouma en haar bedorwe jongste seun gaan aflaai in Kleinvlei. Hier het Johnny sleg deurgeloop onder sy oom se vuiste en eendag het Johnny besluit hy het genoeg gehad. Hy steel trein Wellington toe. By die Barons in Wellington ervaar hy vir die eerste keer liefde en begin heelword in 'n warm huisomgewing. Die Barons help hom om in kontak te kom met sy pa se familie in Walvisbaai. In Walvisbaai leer Johnny om mens te wees, in 'n omgewing waar mense na mekaar kyk en lief is vir mekaar.\u003cbr\u003e\t\u003cbr\u003eJohnny en sy sangmaat Vivian skryf in vir Zing, kykNET se sangrealisteitskompetisie vir duos. Hulle wen uiteindelik en begin 'n nuwe lewe in Johannesburg.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVandag is Johnny 'n suksesvolle televisie- en sportaanbieder, getroud met Liezel, pa van drie seuns.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSy verhaal gee aan elkeen van ons krag om aan te gaan en om te droom dat dinge vir ons kan beter wees. Dit is 'n storie wat vra dat jy nooit moet ophou soek en moed opgee nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Johnny+Davids\" class=\"contributor-link\"\u003eJohnny Davids\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Johnny Davids","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381408678051,"sku":"9780796323507","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796323507_996679d5-7956-49c9-b29d-2a8ba8995a4b.jpg?v=1776500566","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780796323507","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}