{"product_id":"9780796323644","title":"`n Ewige Kroon","description":"\u003cp\u003eIn 'n Ewige kroon getuig die gewese Mej. Heelal en Mej. Suid-Afrika Demi-Leigh Tebow hoe gevaarlik dit is om ons identiteit aan ons prestasies te koppel. Ontdek wie jy geskape is om te wees, en leer hoe jy jou platform - hoe groot of klein ook al - kan gebruik om 'n blywende impak te maak. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHier op aarde onderskei 'n kroon die wenner van die ander deelnemers, maar as jy 'n lewe van waarde wil lei, is die doel nie om 'n trofee of prys te verower of 'n kroon te behou nie. Dan wy jy nie jou lewe daaraan om eerste of beroemd te wees nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn hierdie boek neem Demi ons saam op haar reis na selfvertroue - van waar sy haar identiteit op tydelike eerbetuigings en haar eie pogings gebaseer het, tot waar sy die rotsvaste sekerheid ontdek het van jou lewe in die Skepper anker. Dié reis verweef haar lewensverhaal met die insigte wat sy langs pad verwerf het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie ewige kroon wys jou hoe om \u003cbr\u003e* Die ongemak, verwarring en vertwyfeling te hanteer wat ontstaan wanneer jy jou selfbeeld op uiterlike dinge bou,\u003cbr\u003e* God te vertrou wanneer jou planne onverwags ompaaie loop,\u003cbr\u003e* Te weet wat om te doen wanneer jy op onbekende terrein beland,\u003cbr\u003e* Jou storie te gebruik om 'n blywende impak te maak, en\u003cbr\u003e* Getrou te bly aan wie jy geroep is om in Christus te wees. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie doel met ons lewe is om God en ander lief te hê en te dien. Demi wys hoe jy kan leer om op jou groter roeping te fokus eerder as op jou aspirasies, en 'n voetspoor van betekenis kan nalaat, eerder as een van sukses.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Demi-Leigh+Tebow\" class=\"contributor-link\"\u003eDemi-Leigh Tebow\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Demi-Leigh Tebow","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381551972515,"sku":"9780796323644","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780796323644_8f97ec0a-50d2-4a5a-b425-00e59714e94b.jpg?v=1776500606","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780796323644","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}