{"product_id":"9780798144933","title":"Proefwedstryd vir Wikus","description":"\u003cp\u003eWikus Lombaard is 'n nice ou. Hy is kaptein van die eerste rugbyspan en met sy dodelike skopskoen het hy sy span al meermale uit die verknorsing gered. En sy meisie, Marissa, is die mooiste in die skool.\u003cbr\u003eEn al sukkel Wikus nou so 'n bietjie met die wiskunde, is dit ook nie die ergste nie. Met Marissa by hom en die rugby wat voorlê, is dinge doodreg, hy weet mos immers waaroor dit gaan in die lewe, veral noudat hy in die vakansie met sy suster se vriendin gevry het, behoorlik gevry. All the way.\u003cbr\u003eMaar in hierdie laaste skooljaar van hom, kort voor sy deelname aan die Cravenweek, loop dinge skeef. Lelik skeef. Vir die eerste keer ontdek Wikus dat die lewe ook reëls het. En dat dit nie net in rugby is dat 'n ou van die veld afgejaag kan word nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Kobus+Maree\" class=\"contributor-link\"\u003eKobus Maree\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Kobus Maree","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379342655651,"sku":"9780798144933","price":330.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798144933_0bfb92e9-ca91-4bb7-91ba-4972a7bac0bd.jpg?v=1776500833","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798144933","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}