{"product_id":"9780798145190","title":"'n Oomblik in die wind (54)","description":"\u003cp\u003eRAPPORT TOP 100 - NOMMER 54\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie roman speel af tussen 1749 en 1751.\u003cbr\u003eElisabeth vergesel haar eggenoot, Erik Alexis Larsson, saam met 'n gids, ene Van Zyl, op 'n ontdekkingsreis na die onherbergsame Kaapse binneland. Maar die tog neem 'n donker wending wanneer Van Zyl se drinkery, bakleiery en muitery handuit ruk.\u003cbr\u003eEen dag stap Erik Alexis die wildernis in — om nooit weer terug te keer nie.\u003cbr\u003eNá die dood van die twee mans ontferm Adam Mantoor, 'n drosterslaaf, hom oor Elisabeth. In lewensgevaarlike omstandighede word hy haar beskermer, en saam begin hulle aan 'n lang en gevaarlike reis terug Kaap toe.\u003cbr\u003eTussen die wit vrou en die trotse slaaf ontwikkel daar 'n diep verhouding, en vir 'n kort tyd beleef hulle iets byna paradyslik te midde van die wildernis.\u003cbr\u003eMaar die terugtog deur die Karoo bring al groter ontbering en gevaar. Tog hou Elisabeth vas aan haar belofte: om Adam te help om sy vryheid te verkry.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Andr%C3%A9+P+Brink\" class=\"contributor-link\"\u003eAndré P Brink\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+RAPPORT100\" class=\"contributor-link\"\u003eRAPPORT100\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"André P Brink,RAPPORT100","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47688554315939,"sku":"9780798145190","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780798145190_924415c5-45b2-4953-80d6-ce2f6825da2e.jpg?v=1779344483","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798145190","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}