{"product_id":"9780798145213","title":"Houd-den-bek (48)","description":"\u003cp\u003eRAPPORT TOP 100 - NOMMER 48\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'n Belangrike roman oor die slawetydperk.\u003cbr\u003eIn 1825 breek die enigste slawe-opstand in die ou Kaapse geskiedenis uit — die sogenaamde Bokkeveldse Opstand — aangevuur deur 'n droom van vryheid wat nooit bewaarheid word nie.\u003cbr\u003eAs kinders het Nicolaas en Galant saam gespeel. Nou staan hulle aan weerskante van 'n wrede werklikheid: baas en slaaf. Tussen hulle staan Hester — vurige, koppige en wederstrewige vrou.\u003cbr\u003eDie roman ontvou as 'n ware “koor van stemme”, maar dit is die slaaf Galant wat hierdie veelheid van verhale saambind.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMa-Roos sê:\u003cbr\u003e“So praat ons, so praat ons, 'n ry stemme in 'n ketting, almal saam en almal apart, almal anders en almal dieselfde, en die skakels mag lieg maar die ketting is waar. En die naam van die ketting is Houd-den-Bek.”\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDeur die stemme van dertig verskillende vertellers, versprei oor vier dele waarin aarde, wind, water en vuur opgeroep word, groei 'n persoonlike opstand uit tot 'n universele menslike stryd teen onreg.\u003cbr\u003eMet sy aangrypende uitbeelding van slawerny en menswaardigheid is die roman deur Artur Lundkvist beskryf as:\u003cbr\u003e“Miskien die grootste voorstelling van slawerny wat ooit geskryf is.”\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Andr%C3%A9+P+Brink\" class=\"contributor-link\"\u003eAndré P Brink\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+RAPPORT100\" class=\"contributor-link\"\u003eRAPPORT100\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"André P Brink,RAPPORT100","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47688554184867,"sku":"9780798145213","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780798145213_f7f51320-aaf7-47de-b1c1-1787e1e80367.jpg?v=1779344494","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798145213","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}