{"product_id":"9780798145282","title":"Duiwelskloof (42)","description":"\u003cp\u003eRAPPORT TOP 100 - NOMMER 42\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn die ontoeganklike Duiwelskloof in die Swartberge van die Klein Karoo het ’n verdwaalde groep Voortrekkers onder leiding van die befoeterde patriarg Lukas Hermiet, die Siener, hulle gaan vestig.\u003cbr\u003eNou, ’n eeu en ’n half later, bring ’n knellende droogte die skrikwekkende gevolge van hierdie oer-Afrikaanse gemeenskap se isolasie en inteelt tot ’n uitbarsting.\u003cbr\u003eDie katalisator is die gehawende joernalis Flip Lochner — ’n vuil-uil met ’n mislukte lewe agter hom — wat van buite inkom om die geskiedenis van Duiwelskloof op te teken. Hy raak egter vasgevang tussen die mense van die kloof, die donker geheim wat hulle so naarstig probeer beskerm, en die stories wat oral rondom hom ontstaan.\u003cbr\u003eStories van ’n man wat sewentien kinders op sy vyand se graf verwek het. ’n Vrou wat met volmaan in ’n bokooi verander. ’n Swerwer wat die Duisternis van Egipteland in ’n boksie teruggebring het. ’n Man wat deur ’n swerm voëls hemel toe gedra is. ’n Meisie met vier borste . . .\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eEn dan is daar die mense van vandag:\u003cbr\u003eSoon Heilig, wat die dorp die verdoemenis in preek.\u003cbr\u003eSmeed Smit, wat probeer om ’n nagmerrie te beslaan.\u003cbr\u003eOuma Liesbet Pruim, wat met haar trommeltjie op die dak sit en wag dat die Here haar kom haal.\u003cbr\u003eHans Toordenaar, met sy gevaarlike mag oor ander se lewens.\u003cbr\u003eTant Poppie Vollemaan, wat raad het vir alles behalwe die dood.\u003cbr\u003eHenta Voorperske, met haar swerm nimfies wat saans kaal in die bloekombos dans.\u003cbr\u003eEn dan is daar Emma — die raaiselagtige vrou wie se lewe met Flip Lochner s’n verweef raak, met gevolge wat niemand kon voorsien nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Andr%C3%A9+P+Brink\" class=\"contributor-link\"\u003eAndré P Brink\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+RAPPORT100\" class=\"contributor-link\"\u003eRAPPORT100\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"André P Brink,RAPPORT100","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375609725091,"sku":"9780798145282","price":425.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798145282_81917c81-cd60-40a9-af54-6d9e0eb05026.jpg?v=1776500853","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798145282","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}