{"product_id":"9780798147286","title":"Die boek van toeval en toeverlaat (24)","description":"\u003cp\u003eRAPPORT TOP 100 - NOMMER 24\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHelena Verbloem, leksikograaf van beroep, gaan na Durban as projek-assistent van 'n man wat alle woorde byeen probeer bring wat in onbruik geraak het in Afrikaans. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDan word daar by haar tuinwoonstel ingebreek en haar geliefde skulpe word gesteel. Die verhaal ontvou rondom die soektog na die gesteelde skulpe. Hierdie soeke raak verweef en verstrengel met die taalbewaringsprojek, die mense wat sy daar leer ken en met haar algemene besinning oor haar lewe - herinneringe aan haar familie, verlore minnaars en liefdes, verliese wat sy gely het. Ek weet wat 'n terapeut sal sê. Agter elke verlies lê 'n vroeër verlies. \u003cbr\u003eDie verlies van my skulpe is 'n voorwendsel ('n jakkalsdraai, 'n verbloeming en bewimpeling) 'n poging van die geslepe psige om die vroeër, pynlike verlies te verdoesel. Dié woorde van die self-ironiserende verteller in hierdie fassinerende roman raak twee van die belangrikste temas aan: verlies en verbloeming.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ingrid+Winterbach\" class=\"contributor-link\"\u003eIngrid Winterbach\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+RAPPORT100\" class=\"contributor-link\"\u003eRAPPORT100\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ingrid Winterbach,RAPPORT100","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375523610787,"sku":"9780798147286","price":420.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798147286_26fc8f31-1532-45f0-b493-0a5e4ad1e7c7.jpg?v=1776500920","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798147286","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}