{"product_id":"9780798149587","title":"Die 18-44 trilogie","description":"\u003cp\u003e'n Welkome heruitgawe van drie romans van ’n veelbekroonde skrywer. Gesofistikeerde satires met ’n sterk mitologiese raamwerk wat steeds tot vandag se lesers sal spreek. Die verteller in al drie hierdie romans identifiseer homself as “die knolskrywer” (“. . . die 44-jarige knolskrywer, in sy Harris tweedbaadjie, . . . in sy hart die verminkte gawe van God”)\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e18-44 handel oor die korrespondensie tussen mnr Y, die 44-jarige knolskrywer, en die 18-jarige, onbekende mej X, ’n kunsstudent. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOnderliggend in Isis Isis Isis is die Egiptiese Isis se soektog na die lyk van Osiris. Die roman gaan oor die knolskrywer se Europese besoek, sy ontmoeting met ’n hele aantal vroue, en sy poging om die stukke van die verminkte Osiris weer bymekaar te bring (lg die knolskrywer se poging tot heling). \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie verhaal van Na’va gaan oor Georgie, die knolskrywer se nefie wat selfmoord gepleeg het. Die lang begrafnisfees raak ’n besinning oor die lewe en die dood.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie strewe in 18-44 na “‘n beter begrip van die lewenstragiek”, en die “raserny om die lewe te verstaan” in Isis, Isis, Isis, is vandag nog net so geldig, juis in hierdie “Afrika en sy menigvuldige probleme”. Leroux dwing ons om opnuut die mistiek in die lewe met verwondering en selfs verbystering te beleef.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Etienne+Leroux\" class=\"contributor-link\"\u003eEtienne Leroux\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Etienne Leroux","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375524659363,"sku":"9780798149587","price":525.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798149587_7f0bb64a-9e0e-4606-8c37-8b17928a5413.jpg?v=1776501036","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798149587","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}