{"product_id":"9780798151719","title":"Kruispunt","description":"\u003cp\u003eHierdie vyfde bundel kortverhale deur Haasbroek verskyn meer as 20 jaar na sy vorige bundel. Maar alhoewel sommige van die verhale herinner aan die macho-styl van sy vroeere werk, is die verhale in Kruispunt meestal meer deernisvol en menslik. Die milieu van die verhale is telkens oorlogsgebiede of die jagveld of 'n plaasomgewing. En dit is 'n treffende uitbeelding van sowel die mens se duister psige as sy weerloosheid. Die onderliggende tema is geweld - soms brutaal, soms pynlik, maar altyd openbarend. Die geografiese afwisseling waarbinne die verhale afspeel, gee aan die bundel 'n globale kyk op die menslike natuur, in Afrika en in Europa. Mens en natuur staan in 'n aanvullende verhouding binne elke verhaal. Haasbroek se nuwe bundel is 'n welkome toevoeging tot sy werk, en ook tot die Afrikaanse verhaalkuns.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Piet+Haasbroek\" class=\"contributor-link\"\u003ePiet Haasbroek\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Piet Haasbroek","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375607267491,"sku":"9780798151719","price":215.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798151719_8caac4ce-68cb-49bd-bbff-853021c31621.jpg?v=1776501232","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798151719","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}