{"product_id":"9780798156271","title":"Die Eerste siklus","description":"\u003cp\u003eDie eerste lewe van Colet\u003cbr\u003eHilaria\u003cbr\u003eDie mugu\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'n Belangrike heruitgawe. Die verband en samehang tussen Etienne Leroux se eerste drie romans is nie in die vyftiger- en sestigerjare al raakgesien nie; die sikliese aard is eers later bevestig en die drie romans is in 1986 die eerste keer in een band gepubliseer as Die eerste siklus.  \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie eerste lewe van Colet (1955) is 'n ontwikkelingsroman in kroniekvorm; die leser beleef die seun Colet se groei van kind tot jong volwassene (die tydperk is 1921 tot ongeveer 1942), met as fokus sy seksuele ontwaking. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHilaria (1957) volg daarop en vertel hoe Colet, ná sy terugkeer van die oorlog (in die jaar 1946) help met 'n advertensieveldtog vir plastiek-blindings. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie mugu (1959) is 'n satiriese reisverhaal: die dooltog van Gysbrecht Edelhart deur die strate van Kaapstad.  Elize Botha het daarna verwys as die eerste siklus 'in die groter siklus-in-wording wat Etienne Leroux se werk in wese is'. Dit vestig reeds die patroon van mitiese parallele wat in Leroux se latere romans so sterk voorkom.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Etienne+Leroux\" class=\"contributor-link\"\u003eEtienne Leroux\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Etienne Leroux","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375426289827,"sku":"9780798156271","price":380.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798156271_6714fd21-045f-4bd4-a8e6-dc3055c9db40.jpg?v=1776501410","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798156271","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}