{"product_id":"9780798156462","title":"Katryn vrou van die Richtersveld","description":"\u003cp\u003eMeneer, ek verpes vir Abraham Klink soos ek die tkamma verpes wat my lammertjies kom vang. Ek verpes hom soos ek die koringluis verpes wat in 'n land inkom en alles opvreet solat jy nie 'n korrel oes nie. Ek verpes hom soos ek die knopiespinnekop verpes wat onder die koringgerwe inkruip en jou aan die vinger byt as jy daai gerf optel. Ek verpes hom soos ek die horingsman verpes wat in die voetpad lê en jou pik as jy daarlangs loop!\u003cbr\u003eKatryn Jonis staan in die Kaapse Hooggeregshof tereg op aanklag van moord. Die oorledene is die seun van haar aartsvyand, Abraham Klink. Sonder advokaat of ooggetuies, met al die omstandigheidsgetuienis teen haar, moet Katryn voor die halsregter veg vir haar lewe. Sy het net één wapen tot haar beskikking: dat sy die waarheid praat, so heilig en so waar as wat net die waarheid kan wees.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWoorde wat onwillekeurig by 'n mens opkom terwyl jy hierdie roman lees, is fassinerend, meesleurend, onthutsend ...\u003cbr\u003eGeorge Louw\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKatryn is 'n formidabele vrouekarakter wat hopelik in die Afrikaanse romankuns 'n verwysingspunt gaan word.\u003cbr\u003eLinda Rode\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie verhaal oor Katryn Jonis is dié van 'n heroïese matriarg, 'n martelaar wat aan Dalene Matthee se Fiela herinner.\u003cbr\u003eElias P. Nel\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jan+Huisamen\" class=\"contributor-link\"\u003eJan Huisamen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jan Huisamen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375418458275,"sku":"9780798156462","price":340.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798156462_4fbf0a7c-8776-495e-84c2-cf099bf499eb.jpg?v=1776501431","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798156462","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}