{"product_id":"9780798157063","title":"Die aanspraak van lewende wesens (56)","description":"\u003cp\u003eRAPPORT TOP 100 - NOMMER 56\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKomies, hartroerend, meditatief, verruimend! Hierdie kick-ass roman bied ’n priemende blik op twee parallelle reise: ’n man en ’n vrou elk op soek na die oorsake van ’n broer en ’n suster se ondergang.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eNa ’n onthutsende oproep van ene Josias Brandt, vertrek Karl Hofmeyr teësinnig om sy broer, Iggy, wie se kop skynbaar uitgehaak het, te hulp te snel. Karl – heavy-metal-fan de luxe – se reis word vertraag deur sy obsessies wat hom in verskillende situasies lelik kniehalter.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMaria Volschenk word op ’n dag oorval deur ’n groot leegte. Sy reis na die Wes-Kaap op ’n sending waarteen sy lankal opsien, in ’n poging om hierdie beleërende leegte af te weer. Die twee verhaallyne vloei saam op ’n onwaarskynlike stadsplaas iewers in Kaapstad, waar die broer, Ignatius Hofmeyr, in ’n bitter tweestryd met die onpeilbare Brandt-kêrel gewikkel is.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ingrid+Winterbach\" class=\"contributor-link\"\u003eIngrid Winterbach\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+RAPPORT100\" class=\"contributor-link\"\u003eRAPPORT100\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ingrid Winterbach,RAPPORT100","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375714877603,"sku":"9780798157063","price":375.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798157063_de15f558-1beb-4826-97b7-6df889bc9347.jpg?v=1776501506","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798157063","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}