{"product_id":"9780798157971","title":"Elke dag koningskos","description":"\u003cp\u003eIs jy en jou gesin moeg daarvoor om week na week dieselfde disse te eet? Wens jy soms dat jy net bietjie leiding kan kry om jou etes effe meer spesiaal te maak? Hierdie kookboek is net wat jy nodig het!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eChristine Capendale het die vermoë om alledaagse geregte te neem en hulle in iets buitengewoon te omskep. Dink maar aan die tradisionele pasta met frikadelle. Sy voeg twee ongewone bestanddele by die maalvleis (vars pietersielie en basiliekruid), en bedien dit met 'n maklike tamatiesous met aksente van witwyn en basiliekruid-pesto - siedaar, 'n dis vir konings!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSy kry inspirasie vir haar resepte uit haar reise oorsee, en haar geliefde Weskus. So kan kokke dwarsoor die land help om die geure en smake van Thailand, Vietnam en Indië in hulle kombuise optower. En die Weskus-resepte is meer as net gerookte snoek: daar word telkens 'n paar ongewone toevoegings gemaak, met genoeg alternatiewe opsies sodat selfs kokke diep in die binneland die Weskus-wêreld kan proe.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'n MOET vir nuuskierige en avontuurlustige huiskokke!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Christine+Capendale\" class=\"contributor-link\"\u003eChristine Capendale\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Christine Capendale","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375739519139,"sku":"9780798157971","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798157971_210627ba-8c01-48f3-8c6b-ffa80399b5f3.jpg?v=1776501611","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798157971","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}