{"product_id":"9780798159746","title":"Die boom se naam is Bojabi","description":"\u003cp\u003e\"Die diere is so, so honger. Dan sien hulle 'n pragtig boom, oortrek met rooi, ryp vrugte wat ruik na die soetste veselperske, vet soos 'n spanspek, sappig soos 'n granaat . . . Maar styf opgekrul om die boom is die grootste luislang wat hulle nog ooit gesien het. En die luislang sal die diere net van die vrugte laat eet as hulle hom kan sê wat die naam van die boom is. Wat kan dit wees? Net die Koning van die Oerwoud weet, en hy is baie, baie ver weg . . .\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDis 'n storie vir kinders (en grootmense) wat hou van speelse name en rympies. Die herhalende element beklemtoon die idee dat 'n storie 'n reis is. Die skrywer sê dat wanneer sy die storie vertel, speel sy 'n Afrika-duimklavier (m'bira) en gebruik perkussie vir ekstra ritme. Die trefkrag van die verhaal lê in die skilpad wat vir die ander diere hoop gee. Aan die einde is daar 'n groot gevoel van triomf.\"\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Dianne+Hofmeyr\" class=\"contributor-link\"\u003eDianne Hofmeyr\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Piet+Grobler\" class=\"contributor-link\"\u003ePiet Grobler\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Dianne Hofmeyr","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375618572451,"sku":"9780798159746","price":230.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798159746_100e04a2-42ca-4656-b747-66ec8be79a20.jpg?v=1776501739","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798159746","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}