{"product_id":"9780798163293","title":"`n Kameel, 'n sprinkaan en 'n vrot tamatie","description":"\u003cp\u003eNiks cools gebeur ooit op Koedoesdorp nie. Elke dag is dieselfde, die een so vervelig soos die ander. Veral Maandag-oggende, aldus Gerrie.  Maar hierdie Maandag is anders, want skielik is hulle voortuin vol kamele wat Gerrie se ma se spogrose opvreet. Pa is in 'n toestand, want daar is ook 'n klomp mense in wit klere wat deurmekaar praat in 'n vreemde taal en wat ernstig verdwaal lyk. Dis chaos in Gerrie-hulle se huis en tuin, en hy en sy suster, Anneke, is mal daaroor. Dit word 'n surrealistiese dag van Kamele wat pandemonium saai, die vreemde gesin wat tent opslaan in die voortuin en sprinkane braai, die buurman wat sy vrot tamaties oor die draad gooi en die polisie, die brandweer en die dorpsbestuurder wat in dolle vaart opdaag om te kyk wat de joos daar aangaan. Na skool neem Gerrie sy kans waar en oortuig die kameelseun om 'n entjie in die staart af met een van die kamele te ry - verdere chaos! Maar die koms (en die vertrek) van kameelmense het  Koedoesdorp en sy mense onherroeplik verander. 'n Lekker ligte storie vol humor en pret. 'n Soort moderne sprokie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Annelie+Ferreira\" class=\"contributor-link\"\u003eAnnelie Ferreira\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+S%C3%A9an+Verster\" class=\"contributor-link\"\u003eSéan Verster\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Annelie Ferreira","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375745843363,"sku":"9780798163293","price":150.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798163293_0ce0b210-7534-4e5c-a448-770cbbf00042.jpg?v=1776501878","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798163293","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}