{"product_id":"9780798163804","title":"Beertjie se vriendin","description":"\u003cp\u003eOuderdom 6+ jaar. Beertjie is seker een van die wêreld se mees sjarmante kinderboekkarakters. Die eenvoudige teks deur Else Holmelund Minarik en die evokatiewe tekeninge deur Maurice Sendak, internasionaal beroemde en bekroonde kinderboekillustreerder, skep vir die kind 'n verbeeldingswêreld waarin hy altyd tuis voel. \u003cbr\u003eAl vyf titels in die Beertjie-reeks sal in 'n wye kring byval vind, aangesien dit uitstekende voorleesboeke is. Die kleuter wat die verhaal een of twee maal gehoor het, sal dit self aan die hand van die illustrasies kan volg. Dit is ook besonder geskik vir self-lees deur kinders wat pas leer lees het.\u003cbr\u003eIn hierdie boek maak Beertjie maats met 'n dogtertjie genaamd Emma.  Maar wanneer die somer verby is, moet Emma vertrek. Beertjie is baie hartseer - totdat hy 'n manier vind om naby aan sy vriendin te wees, al is sy baie ver weg.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Else+Holmelund+Minarik\" class=\"contributor-link\"\u003eElse Holmelund Minarik\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Maurice+Sendak\" class=\"contributor-link\"\u003eMaurice Sendak\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Else Holmelund Minarik","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375740141731,"sku":"9780798163804","price":110.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798163804_53e95460-8c0a-4581-9526-35963251e254.jpg?v=1776501895","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798163804","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}