{"product_id":"9780798163835","title":"Pappa Beer kom huis toe","description":"\u003cp\u003eBeertjie is seker een van die wêreld se mees sjarmante kinderboekkarakters. Die eenvoudige teks deur Else Holmelund Minarik en die evokatiewe tekeninge deur Maurice Sendak, internasionaal beroemde en bekroonde kinderboekillustreerder, skep vir die kind 'n verbeeldingswêreld waarin hy altyd tuis voel. Al vyf titels in die Beertjie-reeks sal in 'n wye kring byval vind, aangesien dit uitstekende voorleesboeke is. Die kleuter wat die verhaal een of twee maal gehoor het, sal dit self aan die hand van die illustrasies kan volg. Dit is ook besonder geskik vir self-lees deur kinders wat pas leer lees het.\u003cbr\u003eIn hierdie boek kom Pappa Beer ná 'n hengel-uitstappie huis toe. Beertjie is baie bly om hom te sien - al bring Pappa Beer nie 'n meermin saam huis toe soos Beertjie gehoop het nie! Pappa Beer is die beste pappa ooit - hy weet selfs hoe om Beertjie se hik te genees.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Else+Holmelund+Minarik\" class=\"contributor-link\"\u003eElse Holmelund Minarik\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Maurice+Sendak\" class=\"contributor-link\"\u003eMaurice Sendak\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Else Holmelund Minarik","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375765799075,"sku":"9780798163835","price":110.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798163835_9eaaa915-6ab1-45cd-8f75-8c327269f56c.jpg?v=1776501908","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798163835","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}