{"product_id":"9780798164467","title":"Die beste verhale en humor van Herman Charles Bosman","description":"\u003cp\u003eIn 2013 vier Human \u0026amp; Rousseau vyftig jaar as uitgewer van Herman Charles Bosman. Unto Dust het die eerste keer in 1963 by Human \u0026amp; Rousseau verskyn.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie versameling bevat die beste verhale en humor van Bosman, nou ook in Afrikaans vertaal deur die bekroonde Afrikaanse digter, Johann de Lange.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSterlig op die veld bevat 23 van Bosman se beste stories. Dit sluit klassieke Oom Schalk-stories in soos 'Die pad na Mafeking', 'Die Rooinek' en 'Makapan se grotte', en ook Voorkamerstories soos 'Skoolkonsert' en 'Geboortesertifikaat'. En in beroemde stories soos ''n Boere-Rip van Winkel' en ''n Ou Transvaalse verhaal' hoor ons die stem van die skrywer wat met self-ironie die kuns van die storieverteller bepeins.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie herken-blues bevat 29 stukke wat strek oor Bosman se hele loopbaan, van skoolseungrappe tot die laaste lag. Soos Bosman self gesê het, was hy bekend vir die humor wat in al sy werk te vinde was en wat hom so gewild gemaak het onder sy lojale lesers. Hierdie versameling sluit bekende juwele soos 'In die skadu van die withaak', ''n Bekkersdal-marathon' en ''n Besoek aan Blikkiesdorp' in, waarin sy satiriese ironie in volle swang is, tot 'n aantal essays wat nog nie voorheen in 'n bundel versamel is nie wat hom ewig as een Suid-Afrika se gemoedelikste kommentators bevestig.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Herman+Charles+Bosman\" class=\"contributor-link\"\u003eHerman Charles Bosman\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Herman Charles Bosman","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375776153763,"sku":"9780798164467","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798164467_24cd6bf9-ccab-4c9c-a00d-cbcfb97ee65e.jpg?v=1776501963","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798164467","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}