{"product_id":"9780798164948","title":"Die afwesigheid van berge","description":"\u003cp\u003eDie drie uitgesponne gedigte wat die kern van\"Die afwesigheid van berge vorm\" slaan die leser met die een kragtige golf van poetiese besinning na die ander: die Bedevaartslied (\"Op die reis blyk die reisiger \/ onverwags ongereed te wees . . . \"), Hooglied (met stralende liefdespassasies) en Danklied. Dit is die spreker ('n alleman) se reis onderweg na die dood  -  die gedagtevlugte, die besinnings, die fantasie waartoe die bewussyn geskok word. Maar die spreker is sterwend in hierdie land. Trouens, hierdie land sing dikwels saam in die liedere, in refreine wat die slagspreuke, cliches en jargon is van nie net 'n nuwe Suid-Afrika nie, maar van 'n nuwe tegnologiese era. 'n Persoonlike bundel, maar ook 'n aktuele een.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Louis+Esterhuizen\" class=\"contributor-link\"\u003eLouis Esterhuizen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Louis Esterhuizen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584885538979,"sku":"9780798164948","price":235.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798164948_39f7fafd-5a12-4313-b481-ee277c436d22.jpg?v=1776502003","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798164948","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}