{"product_id":"9780798168274","title":"Die vierde stem","description":"\u003cp\u003eFrançois Bloemhof is bekend daarvoor dat hy aanhangers van spanningsverhale telkens gee wat hulle soek - én wat hulle nie kon verwag nie. Met Die vierde stem is dit meer waar as ooit. Die storie word vanuit meer as een perspektief vertel. Drie karakters - 'n kantoorwerker, 'n kopdokter en 'n skrywer - beïnvloed mekaar op maniere waarvan hulle onbewus is; die leser weet meer as hulle, hoewel nooit genoeg om te voorspel wat volgende kom nie ... Maar aan wie behoort die vierde stem? Waar kom sy vandaan? Watter rol speel sy in dié gebeurtenisryke intrige, en wat is haar vreeslike oplossing? Dis net 'n paar van die vrae, en die antwoorde is uitklophoue. Aangetrokkenheid en afhanklikheid. Konflik, magspeletjies en die ou-ou stryd tussen haat en liefde. Alles in een sielkundige riller saamgebind met 'n blik op menseverhoudinge wat lesers nie aldag beskore is nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fran%C3%A7ois+Bloemhof\" class=\"contributor-link\"\u003eFrançois Bloemhof\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"François Bloemhof","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375554379939,"sku":"9780798168274","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798168274_610ddb21-f459-4d99-9e43-120b84d35c1d.jpg?v=1776502364","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798168274","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}