{"product_id":"9780798168366","title":"Blaas jou neus, wilde, woeste wolf","description":"\u003cp\u003e3-6 jaar. In hierdie oorspronklike weergawe van 'n bekende sprokie, moet die drie varkies leer hoe kieme versprei. Wanneer hulle nie vir die wilde, woeste wolf 'n sneesdoekie wil gee nie, word hulle huisies weggeblaas deur sy groot nies! En boonop steek die varkies dan sy verkoue aan. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003e Kinders leer hoe kieme versprei en waarom 'n gesonde lewenstyl belangrik is, in hierdie skreeusnaakse storie. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003e Dié reeks van vier titels, elk 'n eie weergawe van 'n bekende sprokie, sluit telkens 'n boodskap oor gesonde gewoontes in. Die humoristiese skryfstyl en oulike illustrasies sorg dat die boodskap oor 'n gesonde lewenstyl onopvallend en op 'n prettige manier tuisgebring word. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003e Agter in die boek is daar ook ekstra gesprekspunte wat as 'n gids dien oor hoe om die boek effektief te gebruik en met kinders oor die storie en boodskap te gesels. \u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Steve+Smallman\" class=\"contributor-link\"\u003eSteve Smallman\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Steve Smallman","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375557132451,"sku":"9780798168366","price":90.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798168366_c4582026-5fab-4159-a18f-85504cfe7c9e.jpg?v=1776502399","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798168366","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}