{"product_id":"9780798172493","title":"Huilboek (45)","description":"\u003cp\u003eRAPPORT TOP 100 - NOMMER 45\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e“Wie sou kon dink dat ’n stem soos myne ooit gehoor sal word? Waar sal so ’n klank in elk geval vandaan kom?”\u003cbr\u003eSó begin die jongste outobiografiese roman van Ryk Hattingh — sy eerste boek in negentien jaar.\u003cbr\u003eHuilboek is ’n verweefde verhaal wat beweeg tussen die hede van Nieu-Seeland en die herinneringe aan Ryk se kinderjare op die Oosrand in die 1960’s.\u003cbr\u003eWie wás die kind op die stoep saam met sy ma, pa, ouma, boeties en Outa Toon? En wie was Outa Toon — die man van wie ons net die skouer en rug sien op ’n ou foto saam met pa en die seuns? Die man wat vir Ryk gesê het: “Jy is mos die een met die hart.”\u003cbr\u003eDit is ook die man wat vra:\u003cbr\u003e“Wie sou ooit kon dink dat ’n stem soos myne gehoor sal word . . .”\u003cbr\u003eHuilboek is ’n indrukwekkende kragtoer. Aan die een kant sluit dit aan by Ignatius Brand en Witskrif, maar terselfdertyd staan dit as ’n selfstandige herinneringsroman.\u003cbr\u003eUiteindelik sê die boek:\u003cbr\u003eHier is ek.\u003cbr\u003eEn dís wie ek geword het . . .\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Ryk+Hattingh\" class=\"contributor-link\"\u003eRyk Hattingh\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+RAPPORT100\" class=\"contributor-link\"\u003eRAPPORT100\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Ryk Hattingh,RAPPORT100","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584895008931,"sku":"9780798172493","price":299.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798172493_049d66d4-6d73-4a0a-8f01-6d21c1785a83.jpg?v=1776503221","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798172493","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}