{"product_id":"9780798172615","title":"Christine le Roux Keur 1","description":"\u003cp\u003eBosnimf\u003cbr\u003eVerwarde liefde\u003cbr\u003eBitter hartstog\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBosnimf: Aanvanklik veroorsaak die ou, stowwerige huis wat hy by sy tante erf vir Etienne Bernard net ergernis. Dan besef hy dat sy tante haar huis dalk met voorbedagte rade aan hom bemaak het. Wie is die sorgelose nimf wat in sy fontein baljaar en wat is haar verbintenis met sy tante? En waarom voel hy, 'n geharde alleenloper, nou skielik verantwoordelik vir haar? \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVerwarde liefde: Nicky is uit die staanspoor vies vir die man wat as voog aangestel word oor haar en haar broer ná haar pa se dood. Wie dink Andrew is hy om vir haar oor die liefde te preek? Hy self leef soos 'n priester en beweer sy is onvolwasse. Maar sy kan dit nie help nie. Hy maak haar irrasioneel. En hy sal binnekort van haar ontslae wees wanneer sy mondig word . . . \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBitter hartstog: Reneé en dokter Richard Wessels besef gou dat hulle nie net toevallig albei uitgenooi is na gemeenskaplike vriende se strandhuis nie. Maar nadat Reneé se vorige kêrel haar gruwelik bedrieg het, het sy wraak gesweer teen alle mans. Sy laat Richard gou verstaan dat sy net een doel voor oë het - om mans te misbruik soos hulle háár misbruik het. Maar die liefde laat hom nie voorskryf nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Christine+le+Roux\" class=\"contributor-link\"\u003eChristine le Roux\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Christine le Roux","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47584895074467,"sku":"9780798172615","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798172615_492b173b-c8e7-48d5-a197-e5ac7c0c2277.jpg?v=1776503235","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798172615","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}