{"product_id":"9780798176545","title":"In die stille agterkamer Gedigte by skilderye van Jan Mankes (1889-1920)","description":"\u003cp\u003eMet hierdie twee bundels beeldgedigte stel Marlene van Niekerk op 'n oorspronklike en toeganklike manier twee minder bekende Nederlandse skilders bekend: Adriaen Coorte (gebore tussen 1658 en 1664 en oorlede in 1707) en Jan Mankes (1889-1920). Sy  lewer daarmee nogeens 'n bewys van die vernuwende en selfvernuwende aard van haar werk. Gesant van die mispels en In die stille agterkamer bevat elk 'n dosyn of wat skilderye, in kleur afgedruk, telkens vergesel van 'n beeldgedig in Afrikaans met die Nederlandse vertaling daarvan  as bonus vir die geïnteresseerde leser.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn al twee bundels verteenwoordig die gedigte 'n fantasieryke ondersoek na die moontlike momente van skildersinspirasie, die tegniese aspekte van die skilderproses, en die artistieke opvattings en historiese konteks van die kunstenaar: Van Niekerk maak haarself en die kyker as 't ware tot intieme toeskouers van dié twee skilders se stillewes. Uiteindelik verteenwoordig sowel die skilderye as die gedigte  oomblikke van stille refleksie in roerige tye - die nederigste, kleinste objekte, soos wat hulle met toewyding verewig is deur Coorte en Mankes word in die gedigte versigtig herneem en insigtelik gemaak. Volgens wyle Henning Snyman is die bundels “'n poëtiese én grammatikale kragtoer, 'n verbysterende ervaring”, en ten slotte “'n ryke aanwins tot die Afrikaanse digkuns en kunsbeskouing”.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie publikasie van hierdie twee bundels ekfrastiese verse is 'n sonderlinge gebeurtenis, en 'n merkwaardige toevoeging tot enige poësie- én kunsliefhebber se rak.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Marlene+van+Niekerk\" class=\"contributor-link\"\u003eMarlene van Niekerk\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+ZZZ\" class=\"contributor-link\"\u003eZZZ\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marlene van Niekerk,ZZZ","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375843197091,"sku":"9780798176545","price":89.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798176545_6c77993a-af38-46f2-86ea-3f1d5946874f.jpg?v=1776504223","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798176545","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}