{"product_id":"9780798178112","title":"Klikbek","description":"\u003cp\u003eBloemfonteinse speurder Sollie Mtembu lê snags wakker. Sy vrou se ambisies is lankal besig om vinniger as sy salaris te groei. En by Parkwegstasie sien niemand hom raak nie.\u003cbr\u003eIn Oktober word Tillman Wagenaar, welgestelde boer en ’n ou vriend van die polisiekommisaris, in ’n lokval gelei. Twee dae later word hy deur sy familie as vermis aangemeld en Sollie word gestuur om die “verdwyning” verder te ondersoek. \u003cbr\u003eMaar kort ná hy op Rhynveld arriveer, is daar ’n noodlottige aanval op Onverwacht, die Wagenaars se familieplaas. En die oënskynlike ontvoering verander in ’n moorddossier. Met die hulp van Carla Kruger, joernalis van Oggendpos, begin hy die die dorp se tonge loskry. Maar kan hy betyds sy vrese oorwin, die geheime van die verlede ontrafel en die gewetenlose moordenaar in sy spore stuit?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eKlikbek, Sidney Gilroy se debuutspanningsroman, ontgin die verstrengelde geskiedenis van drie Vrystaat-families se vetes oor geld, bloed en erfgrond. En die letsels waarmee dit die nageslag laat.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Sidney+Gilroy\" class=\"contributor-link\"\u003eSidney Gilroy\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Sidney Gilroy","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377118986403,"sku":"9780798178112","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798178112_44fd90ea-7a7e-46f9-b81a-57f2c83768f1.jpg?v=1776504569","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798178112","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}