{"product_id":"9780798179706","title":"My naam is Prins, ek slaap met die lig aan","description":"\u003cp\u003eCorinne Prinsloo, 'n kliniese sielkundige, se huwelik is nie meer wat dit eens was nie. Dis asof haar domineeman, Frank, wegkruip in sy studeerkamer, en saans al hoe vroeër die whiskeybottel nadertrek. Die liefdevolle saamwees van vroeër het verander in 'n versigtige eierdans rondom mekaar.   \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWanneer Deon, 'n oudpasiënt, haar nader om saam met hom 'n pelgrimstog te onderneem na die dorp van sy kinderjare, word Corinne voor 'n belangrike keuse geplaas. Begelei sy Deon 'n laaste maal terug na die trauma van sy verlede, of moet sy by Frank bly en self agter die kap van die byl van haar man se drinkprobleme probeer kom?   \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn Christine Barkhuizen-le Roux se jongste roman, My naam is Prins, ek slaap met die lig aan, vra die skrywer skreiende, dapper vrae. Wat beteken dit om 'n goeie man te wees? Hoe raak 'n mens ontslae van die verlede? En bowenal, hoe heel jy veertig jaar later die pyn van 'n klein seuntjie genaamd Prins?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Christine+Barkhuizen+le+Roux\" class=\"contributor-link\"\u003eChristine Barkhuizen le Roux\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Christine Barkhuizen le Roux","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377209360547,"sku":"9780798179706","price":360.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798179706_dc4f27bc-99d9-4196-8b98-4f386dcd06ea.jpg?v=1776504970","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798179706","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}