{"product_id":"9780798180665","title":"Vers \u0026 vrou","description":"\u003cp\u003e'n Versameling gedigte oor vroue, deur vroue, vir vroue - en vir almal wat rondom en met vroue leef.\u003cbr\u003eLees oor beroepsvroue en huisvroue, verliefde, geliefde en ontnugterde vroue, vroue met kinders en sonder kinders, vroue wat in die kalklig staan en vroue wat deur grense breek. \u003cbr\u003eDie digters skryf intens en onbeskroomd oor die liefde en die lewe, oor die hoogspanning van erotiek, oor die onkant vang van ouderdom en die dood.\u003cbr\u003eIn die gedigte klink die ritme van 'n hartklop op, die voetval van leef. \u003cbr\u003eDit neem die leser saam op reis: oor kruine van hartstog en langs paaie van ontnugterings, versugtings, verwensings en verwesenlikings.\u003cbr\u003eDié keur soos uitgesoek deur Karen de Wet kyk met 'n vroulike blik: die heelal beskou deur die oë van 'n vrou. Dit is 'n bloemlesing om\u003cbr\u003eaan te gee vir 'n vriendin of 'n suster, vir ma's en vir dogters, vir geliefdes - omdat ons almal 'n bietjie so is, en ook nié so is nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Karen+de+Wet+(Samesteller)\" class=\"contributor-link\"\u003eKaren de Wet (Samesteller)\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Karen de Wet (Samesteller)","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377489068195,"sku":"9780798180665","price":370.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798180665_3a4f579f-e4df-40c5-afd0-acb2f3ee2602.jpg?v=1776505167","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798180665","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}