{"product_id":"9780798180917","title":"As die Cape Flats kon praat","description":"\u003cp\u003eBrian Fredericks, ’n aangrypende nuwe stem, skryf met nege kortverhale ’n wêreld oop in die Cape Flats. In “Green Eyes” probeer ’n exgangster\u003cbr\u003ewegbreek van sy vorige lewe van vuurwapens en wraak. \u003cbr\u003eIn “Moenie mense judge nie” gaan kuier 'n jong outjie by sy neef Denzil in Elsies, en besef watter paaie sy eie pa jare gelede geloop het. \u003cbr\u003eEn in “Baksteen vir baksteen” word ’n jong man ná twee jaar uit die tronk ontslaan. \u003cbr\u003eKeuses is ’n belangrike leitmotief in die verhale, maar ook die noodlot.\u003cbr\u003eFredericks werp lig op ’n komplekse wêreld waar die grens tussen reg en verkeerd heeltyd verskuiwe, maar bowenal het hy ’n sonderlinge\u003cbr\u003einsig in die feilbaarheid maar ook die broosheid van menswees.\u003cbr\u003eKarakters kry lewe op papier, en maak jou opnuut na die wêreld om jou en in jou kyk.\u003cbr\u003eMet dié bundel kortverhale vestig Fredericks hom as nuwe baanbreker in die Afrikaanse kortkuns.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Brian+Fredericks\" class=\"contributor-link\"\u003eBrian Fredericks\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Brian Fredericks","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377497686179,"sku":"9780798180917","price":310.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798180917_70f47eb4-26dd-49ca-8750-a69639645eb4.jpg?v=1776505240","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798180917","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}