{"product_id":"9780798181235","title":"Die meeste sterre is lankal dood","description":"\u003cp\u003eWENNER ATKV WOORDVEERTJIEPRYS  VIR POËSIE 2021\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie meeste sterre is lankal dood is die bekroonde digter Johann de Lange se dertiende bundel. Dit bestaan uit ses afdelings, deurgaans gewy aan vlietende oomblikke vasgevang in 'n vers ('om met woorde die onsegbare te sê'). Die bundel het 'n elegiese toonaard, en word oorheers deur 'n bewustheid van verlies \u0026amp; verganklikheid, van 'inskaduwings van die lig'. Verse oor die skryfproses figureer as teenvoeter vir die verbygaande aard van mens wees. Dit is verse vir 'my mooi dooies'. In 'Oggendmusiek' beskryf die digter 'n vroegoggendkoor van voëls voor sonsopkoms, elders 'n koorddanser, voetjie vir voetjie oor die spantou. Soos in sy vorige werk is die erotiese verse 'n hoogtepunt in die bundel, bv in 'Ode aan die mielie': 'Nét so, nog aan die oggend ­­ tussen die syige bene van die dag ­­staan hy, volryp, pittig \u0026amp; reg.'\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBloed \u0026amp; sneeu\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBloed op sneeu is 'n pasgebore rooi,\u003cbr\u003evan iets gewond, 'n struikelende spoor.\u003cbr\u003eEn die sneeu? Is daar énigiets so mooi,\u003cbr\u003eso prilwit gespits, as 'n haseoor?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Johann+de+Lange\" class=\"contributor-link\"\u003eJohann de Lange\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+ZZZ\" class=\"contributor-link\"\u003eZZZ\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Johann de Lange,ZZZ","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378199249059,"sku":"9780798181235","price":89.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798181235_384a6de5-28da-47ca-a544-bc8095569c76.jpg?v=1776505359","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798181235","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}