{"product_id":"9780798182041","title":"Hier verlaat ek jou","description":"\u003cp\u003eDis Februarie en Senobia Arendse se toekoms lê en wink waar sy vroegoggend voor die woonstel in Bellville op haar nuwe woonstelmaat wag. Met haar studies pas voltooi en 'n pos as taalversorger vir 'n plaaslike tydskrif, is dié meisie van Prince Albert gereed om die volgende fase van haar lewe te verwelkom. \u003cbr\u003eDie flambojante Palesa Dosini, voltydse student, word vergesel deur drie dashing jongmanne wat haar help intrek. En dis veral die selfversekerde DJ, Ayanda Ngubane, met sy gespierde bolyf en breë glimlag wat Senobia met die eerste oogopslag beïndruk. Maar net wanneer Senobia begin dink haar nuwe lewe is na aan perfek, stap die verlede saam met Palesa by die voordeur in. Mondeo Hendricks, haar eerste liefde, is terug asof dit nog altyd in die sterre voorspel is.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Miriam+Telanie\" class=\"contributor-link\"\u003eMiriam Telanie\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Miriam Telanie","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378864963747,"sku":"9780798182041","price":295.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798182041_d2f4957e-f6e2-4c91-9d78-f0d420ac76e1.jpg?v=1776505511","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798182041","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}