{"product_id":"9780798182188","title":"Vlam","description":"\u003cp\u003eSpeursersant Mthembu se huwelik lê aan skerwe. Nyandi het die kinders gevat en is sak en pak terug Lesotho toe. Terwyl\u003cbr\u003eParkwegstasie se ace-speurder in 'n gastehuis in Bloemfontein wakker lê en tob oor sy aandeel, brand Xanadu-galery, tuiste van die wêreldberoemde SA kunstenaar Aretha Hattingh, tot op die grond af.\u003cbr\u003eHaar oeuvre 'n hoop as. En in die middel van die ruïne: die oorskotvan 'n vrou, vermoedelik dié van Aretha.\u003cbr\u003eIn Parys ontmoet Sollie 'n hand vol verdagtes: 'n kunsagent, 'n prokureur, 'n slagter, 'n bouer en 'n koerier. Voeg hierby 'n venynige\u003cbr\u003eaanneemkind, 'n jaloerse, skatryk eksman, die dorp se sprankelvrou én 'n stasiebevelvoerder wat die septer na haar eie reëls en tyd swaai, en jy het die wenresep vir 'n intrige gevul met hoogdrama.\u003cbr\u003eIs dit moord? Selfdood? Of bloot 'n fratsongeluk?\u003cbr\u003eSollie geniet reeds groot aftrek onder Afrikaase lesers. En Vlam, die nuwe roman deur Gilroy, beloof om soos sy vorige twee krimi's te boei en te vermaak tot op die laaste bladsy.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Sidney+Gilroy\" class=\"contributor-link\"\u003eSidney Gilroy\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+ZZZ\" class=\"contributor-link\"\u003eZZZ\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Sidney Gilroy,ZZZ","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379323093155,"sku":"9780798182188","price":89.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798182188_b3872b6a-a231-42ee-ba54-32137b05c5d1.jpg?v=1776505563","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798182188","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}