{"product_id":"9780798182898","title":"Flora","description":"\u003cp\u003eFlora Beukes woon saam met haar pa Frans, ma Siena en drie jonger sibbe op die Myburghs se plaas, Vlakpoort, 'n klipgooi ver van Keimoes. Siena is bekommerd oor Frans wat te veel tyd oor naweke saam met hul buurman, Jan Olyn, langs die bierpotte deurbring en dan laataand besope soos 'n besetene kom moles maak by hulle\u003cbr\u003erietdakhuis.\u003cbr\u003eTydens die Kersvakansie van 1982, terwyl Siena besig is om planne te maak om van Frans te skei, word die gesin onvermydelik en tragies uitmekaar geruk. Flora voel verantwoordelik vir haar jonger broers en suster se welstand, maar in die herberg op Doringvlei word die kinders se lewens verder omvergegooi wanneer hulle van mekaar geskei word.\u003cbr\u003eFlora, Engela Ovies se tweede roman, is 'n hartroerende verhaal oor 'n dapper twaalfjarige se liefde vir haar sibbe en die opofferings langs die pad om haar ma se droom te laat waar word. Eerlik, deernisvol en opreg soos die oop vlaktes van die Noord-Kaap.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Engela+Ovies\" class=\"contributor-link\"\u003eEngela Ovies\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Engela Ovies","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375571845283,"sku":"9780798182898","price":340.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780798182898_eb602a05-4cdc-49c8-ad9e-0e319a230266.jpg?v=1776505801","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780798182898","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}